| Ginger2 Concept Store by The Roots Lifestyle Centre het hul eerste kunsuitstalling aangebied Vrydag 26 Augustus 2011. Marinda van Rensburg, dinamiese bestuurderes van Ginger2 het die projek aangepak met hope vooruitsigte vir The Roots asook die publiek. Ginger2 maak nou deel uit van ʼn permanente kunsgalery en dekorwinkel. Nog ʼn stukkie van Selmarie Grobler, eienares van The Roots Lifstyle Centre, se droom het Vrydagaand gestalte gekry. Die aand was versier met pragkuns, Roots liefhebbers en vriende. Met groot waardering aan die kunstenaars; Ben van Wyk, Louise de Klerk, Cronje Lemmer, Erhardt Grobbelaar, Nanelle van Tonder, Liezl le Roux, Elain Brits, Cecilia van Wyk, Elmarie Eksteen(El-me), Paul van Wyk, Lallas Ceramics en Rhoda Henning. In die foto - Groepfoto: ![]()
links na regs van onder: Louise de Klerk, Ben van Wyk, Nanelle van Tonder Links na regs van bo: Cronje Lemmer, Selmarie en LJ Grobler(eienaars) en Marinda van Rensburg(bestuurderes van Ginger2)
![]()
Kunswerke van Liezl le Roux, El-me, Lallas Ceramics, Nanelle van Tonder en Ben van Wyk |
Click here for more information: |




Latest News










